Luka 23:34-46 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

34. Yeshua het gesê: “Vader, vergeef hulle, want hulle verstaan nie wat hulle doen nie.” Hulle het Sy klere verdeel en die lot daaroor gegooi.Ps 22:8 en gesê: “Ander het Hy gered; laat Hy Homself red as Hy Die Gesalfde Een, die gekose een van God, is.”

35. Die mense het gestaan en kyk en saam met die leiers het hulle ook gespotPs 69:22

36. Ook die soldate het Hom gespot en gekom en vir Hom suurwyn aangebied

37. en gesê: “As U die Koning van die Jode is, red Uself.”

38. Daar was ook ’n opskrif bokant Hom geskrywe in Griekse, Romeinse en Hebreeuse letters: ‘HY IS DIE KONING VAN DIE JODE.’

39. Een van die boosdoeners wat saam met Hom gekruisig is, het kwaadgepraat teen Hom en gesê: “As U Die Gesalfde Een is, verlos Uself en ons,”

40. maar die ander een bestraf hom en sê: “Vrees en respekteer ook jy God nie terwyl jy onder dieselfde veroordeling is?

41. Ons tog regverdiglik, want ons ontvang wat ons verdien vir ons dade, maar Hy het niks verkeerds gedoen nie.”

42. Hy sê vir Yeshua: “Onthou my, my Meester, wanneer U in U Koninkryk kom.”

43. Yeshua sê vir hom: “Dit is waar, Ek sê vir jou vandag dat jy saam met My in die Paradys (Gan`Eden) sal wees.’`Am 8:9

44. Dit was ongeveer die sesde uur (twaalfuur middag) en daar het duisternis oor die hele aarde gekom, tot die negende uur (drieuur) toe.

45. Die son het donker geword, die gordynskeiding van die tempel het middeldeur geskeur

46. en Yeshua het met ’n harde stem uitgeroep en gesê: “My Vader, in U hande lê Ek My gees neer!” Toe Hy dit gesê het, is Hy dood.

Luka 23