Luka 23:15-26 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

15. en ook nie Herodes nie, want ek het Hom na hom toe gestuur en daar is niks deur Hom gedoen wat die dood verdien nie.

16. Ek sal Hom daarvolgens dissiplineer en Hom loslaat.”

17. Dit was gewoonte om een man vir hulle op die fees vry te laat.

18. Die hele skare skree egter saam en sê: “Vat Hom weg en laat Bar-Abba vir ons vry!”

19. Hy is in die tronk gegooi oor ’n sekere opstand wat in die stad gebeur het en vir ’n moord.

20. Daarna het Pilatos weer met hulle gepraat omdat hy Yeshua wou vrylaat,

21. maar hulle het aangehou skree en gesê: “Kruisig Hom, kruisig Hom!”

22. Vir die derde keer sê hy vir hulle: “Watter boosheid het Hy dan gedoen? Ek het niks in Hom gevind wat die dood verdien nie. Ek sal Hom daarvolgens dissiplineer en vrylaat.”

23. Hulle het aangehou met ’n harde geskree en gevra dat Hy gekruisig moes word en hulle geskree en dié van die leierpriesters het die oorhand gekry.

24. Toe gee Pilatos uitspraak dat hulle eis toegestaan moes word.

25. Hy het dié een vir hulle vrygelaat wat oor opstand en moord in die tronk gegooi is, die een wat hulle gevra het, maar Yeshua het hy aan hulle wil oorgelewer.

26. Terwyl hulle Hom weglei, gryp hulle ’n sekere Shim’on van Kurene, wat van ’n dorpie af gekom het en sit die hout op hom om dit agter Yeshua aan te dra.

Luka 23