Luka 23:1-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Hulle het almal opgestaan en Hom na Pilatos begelei.

2. Hulle het begin om opgesweep te raak om Hom sleg te maak en gesê: “Ons het gevind dat hierdie man ons mense verlei en verbied om aan die keiser belasting te betaal en Hy sê van Homself dat Hy die Koning, Die Gesalfde Een, is.”Mat 27:11; Mar 15:2; Luk 22:70

3. Pilatos vra Hom en sê vir Hom: “Is U die Koning van die Jode?” Hy antwoord hom en sê: “U sê dit.”

4. Pilatos sê toe vir die leierpriesters en vir die skare mense: “Ek vind geen motief of oortreding in hierdie Man nie,”

5. maar hulle het geskree en gesê: “Hy maak die mense oproerig met Sy leer, die hele Y’hudah deur, vandat Hy in die Galil begin het tot hier toe.”

6. Toe Pilatos van die Galil hoor, vra hy of die Man van die Galil af is

7. en nadat hy verstaan het dat Hy uit die outoriteitsgebied van Herodes is, stuur hy Hom na Herodes, wat self ook in daardie dae in Yerushalayim was.

8. Toe Herodes Yeshua sien, was hy baie bly, want hy was al vir ’n lang tyd begerig om Hom te sien omdat hy baie van Hom gehoor het. Hy het gehoop om een of ander wonderwerk te sien wat deur Hom gedoen word.

9. Hy het Hom oor baie sake uitgevra, maar Yeshua het hom niks geantwoord nie.

10. Die leierpriesters en die leraars van die wet het gestaan en Hom heftig beskuldig.

11. Herodes en sy diensnegte het Hom gespot en nadat hy Hom beledig het, gooi hulle ’n pers kleed om Hom en stuur Hom terug na Pilatos.

12. Pilatos en Herodes het op daardie dag vriende geword, want hulle was vroeër in vyandskap teenoor mekaar.

13. Pilatos roep die leierpriesters, die leiers en die mense bymekaar

14. en sê vir hulle: “Julle het hierdie Man na my toe gebring as Een wat die mense laat wegdraai en let op, ek het in julle teenwoordigheid ondersoek ingestel en in hierdie Man geen motief of skuld gevind van die dinge waarvan julle Hom beskuldig nie

Luka 23