7. Die Dag van die ‘Verwydering van Suurdeeg’ het aangebreek waarop dit gebruik was om die Pesaglam te slag
8. en Yeshua stuur vir Kefa en Yoganan en sê: “Gaan berei die Pesagete vir ons voor dat ons dit kan eet.”
9. Hulle sê vir Hom: “Waar wil U hê moet ons dit voorberei?”
10. Hy antwoord hulle: “Let op, wanneer julle die stad ingaan, sal ’n man julle ontmoet wat ’n erdekruik water dra, volg hom
11. en waar hy ook al ingaan, sê vir die eienaar van die huis: ‘Ons Leermeester vra: “Is daar ’n kamer waar Ek die Pesagete saam met My studentevolgelinge kan eet”?’
12. Let op, hy sal julle ’n groot bokamer wys wat gemeubeleerd is. Daar moet julle dit voorberei.”
13. Hulle het gegaan en dit gevind net soos Hy vir hulle gesê het en die Pesagete voorberei.
14. Toe dit tyd was, het Yeshua gekom en aan tafel gaan skuinslê en die twaalf afgevaardigdes saam met Hom
15. en Hy sê vir hulle: “Ek het met ’n groot begeerte begeer om hierdie Pesagete, voor My lyding, saam met julle te eet,
16. want Ek sê vir julle: ‘Ek sal nie weer daarvan eet voordat dit in die Koninkryk van God volledige betekenis kry nie’.”
17. Hy vat ’n beker, dank en sê: “Vat dit en verdeel dit onder julle,