Luka 22:55-64 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

55. Hulle het ’n vuur in die middel van die binneplaas aangesteek en om dit gaan sit en Shim’on het saam met hulle gesit.

56. ’n Sekere slavin het hom by die vuur sien sit en nadat sy hom stip aangekyk het, sê sy: “Hierdie man was ook saam met Hom.”

57. Hy het dit ontken en gesê: “Vrou, ek ken Hom nie.”

58. Kort daarna sien ’n ander een hom en sê: “Jy is ook een van hulle.” Kefa antwoord egter: “Ek is nie.”

59. Ná ongeveer ’n uur het ’n ander een daaroor gestry en gesê: “Sekerlik, hierdie man was ook saam met Hom, want hy is ook van die Galil.”

60. Kefa antwoord: “Man, ek weet nie wat jy sê nie.” Onmiddellik toe hy praat, het ’n haan gekraai.

61. Yeshua het omgedraai en na Kefa gekyk en Shim’on het die woord van ons Meester onthou wat Hy vir hom gesê het: “Voordat die haan kraai, sal jy My drie maal ontken.”

62. Shim’on het buitentoe gegaan en bitterlik gehuil.

63. Die manne wat Yeshua gevange gehou het, het Hom gespot, toegegooi,

64. in Sy gesig geslaan en gesê: “Profeteer wie dit is wat U geslaan het.”

Luka 22