Luka 22:44-52 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

44. en in spanningsangs het Hy meer intens gebid en Sy sweet was soos bloeddruppels en Hy het op die grond neergeval.

45. Hy het opgestaan van Sy gebed af en by Sy studentevolgelinge gekom en hulle aan die slaap gevind van angs

46. en Hy sê vir hulle: “Hoekom slaap julle? Staan op en bid dat julle nie getoets word nie.”

47. Terwyl Hy nog praat, let op, kom daar ’n groep mense en hy wat Y’hudah genoem word, een van die twaalf, het voor hulle uitgeloop na Yeshua toe en Hom gesoen, as ’n teken wat hy vir hulle gegee het: “Wie ek ook al soen, dit is Hy.”

48. Yeshua sê vir hom: “Y’hudah, verraai jy die Seun van die mens met ’n soen?”

49. Toe die wat by Hom was, sien wat gaan gebeur, sê hulle vir Hom: “Ons Meester, moet ons hulle met swaarde neerslaan?”

50. Een van hulle het die slaaf van die hoofpriester geslaan en sy regteroor afgesny,

51. maar Yeshua het geantwoord en gesê: “Genoeg vir nou!” Hy het die oor van die een wat gewond is, aangeraak en hom gesond gemaak.

52. Yeshua sê vir hulle wat na Hom toe gekom het, die leierpriesters, oudstes en kaptein van die tempelwagte: “Het julle opgetrek teen My soos teen ’n rower met swaarde en knopkieries om My te vang?

Luka 22