21. Nogtans, let op, die hand van hom wat My uitlewer, is aan tafel.
22. Die Seun van die mens gaan wél, soos wat bepaal is, oorgelewer word; tóg, wee daardie man deur wie Hy oorgelewer word!”
23. Toe begin hulle onder mekaar vra; wie van hulle kon tog beplan om dit te doen,
24. maar daar het ook ’n bakleiery onder hulle ontstaan oor wie van hulle as groot beskou word.
25. Yeshua sê vir hulle: “Die konings van die nasies is baas oor hulle en die wat hulle beheer, word weldoeners genoem,
26. maar so moet julle nie wees nie. Die grootste onder julle moet word soos die kleinste en wie ’n leier is, soos een wat bedien,
27. want wie is groter: die een wat aan tafel is, of die een wat bedien? Is dit nie hy wat aan tafel is nie? Ek self is egter onder julle soos Een wat bedien.
28. Dit is julle wat volhardend by My gebly het deur My toetsinge
29. en Ek belowe julle ’n Koninkryk, net soos My Vader My belowe het
30. sodat julle kan eet en drink aan My tafel in My Koninkryk en op trone sit om die twaalf stamme van Yisra’el te oordeel.”`Am 9:9
31. Yeshua sê vir Shim’on: “Shim’on, let op, die teëstander het gevra om julle soos graan te sif,
32. maar Ek het vir jou gebid dat jou vertroue nie sal faal nie en as jy die dag herstel is, moet jy jou broers versterk.”
33. Shim’on sê vir Hom: “My Meester, ek is gereed om saam met U in die tronk en in die dood in te gaan.”
34. Yeshua sê vir hom: “Ek sê vir jou, Shim’on, die haan sal vandag nie kraai voordat jy drie maal ontken het dat jy My ken nie.”
35. Hy sê vir hulle: “Toe Ek julle uitgestuur het sonder beursie, reissak of skoene, het julle enige tekort gehad?” Hulle antwoord: “Niks nie.”
36. Toe sê Hy vir hulle: “Van nou af, wie ’n beursie het, laat hom dit vat en so ook ’n reissak en wie nie ’n swaard het nie, moet sy baadjie verkoop en ’n swaard koop,Yes 53:12 want alles aangaande My, sal gebeur.”