10. Hy antwoord hulle: “Let op, wanneer julle die stad ingaan, sal ’n man julle ontmoet wat ’n erdekruik water dra, volg hom
11. en waar hy ook al ingaan, sê vir die eienaar van die huis: ‘Ons Leermeester vra: “Is daar ’n kamer waar Ek die Pesagete saam met My studentevolgelinge kan eet”?’
12. Let op, hy sal julle ’n groot bokamer wys wat gemeubeleerd is. Daar moet julle dit voorberei.”
13. Hulle het gegaan en dit gevind net soos Hy vir hulle gesê het en die Pesagete voorberei.
14. Toe dit tyd was, het Yeshua gekom en aan tafel gaan skuinslê en die twaalf afgevaardigdes saam met Hom
15. en Hy sê vir hulle: “Ek het met ’n groot begeerte begeer om hierdie Pesagete, voor My lyding, saam met julle te eet,
16. want Ek sê vir julle: ‘Ek sal nie weer daarvan eet voordat dit in die Koninkryk van God volledige betekenis kry nie’.”
17. Hy vat ’n beker, dank en sê: “Vat dit en verdeel dit onder julle,
18. want Ek sê vir julle: Ek sal nie weer drink van die vrug van die wingerd totdat die Koninkryk van God gekom het nie.”
19. Hy neem brood en nadat Hy die dankgebed daaroor gebid het, breek Hy dit, gee dit aan hulle en sê: “Dít is My liggaam, wat in die plek van julle lewens gegee word; hierdie moet julle doen tot My gedagtenis.”Yir 31:30-34 die nuwe verbond in My bloed,Eks 24:3-8 wat om julle onthalwe gestort sal word.
20. Net so ook vir die beker ná die ete sê Hy: “Hierdie beker is
21. Nogtans, let op, die hand van hom wat My uitlewer, is aan tafel.
22. Die Seun van die mens gaan wél, soos wat bepaal is, oorgelewer word; tóg, wee daardie man deur wie Hy oorgelewer word!”
23. Toe begin hulle onder mekaar vra; wie van hulle kon tog beplan om dit te doen,
24. maar daar het ook ’n bakleiery onder hulle ontstaan oor wie van hulle as groot beskou word.