1. Die Fees van Ongesuurde Brode, wat ook Pesag genoem word, was naby
2. en die leierpriesters en die leraars van die wet het ’n manier gesoek om Hom dood te maak, maar hulle was bang vir die mense.
3. Die teëstander het in Y’hudah, wat K’riot genoem word en een van die twaalf was, ingegaan
4. en hy het gegaan en met die leierpriesters, die leraars van die wet en kapteins van die tempelwag gepraat om Hom aan hulle oor te lewer.
5. Hulle was verheug en het met hom ooreengekom om vir hom geld te gee
6. en hy het ’n ooreenkoms met hulle aangegaan en na ’n geleentheid gesoek, sonder ’n skare, om Hom oor te lewer.Eks 12:3-14
7. Die Dag van die ‘Verwydering van Suurdeeg’ het aangebreek waarop dit gebruik was om die Pesaglam te slag
8. en Yeshua stuur vir Kefa en Yoganan en sê: “Gaan berei die Pesagete vir ons voor dat ons dit kan eet.”
9. Hulle sê vir Hom: “Waar wil U hê moet ons dit voorberei?”
10. Hy antwoord hulle: “Let op, wanneer julle die stad ingaan, sal ’n man julle ontmoet wat ’n erdekruik water dra, volg hom
11. en waar hy ook al ingaan, sê vir die eienaar van die huis: ‘Ons Leermeester vra: “Is daar ’n kamer waar Ek die Pesagete saam met My studentevolgelinge kan eet”?’
12. Let op, hy sal julle ’n groot bokamer wys wat gemeubeleerd is. Daar moet julle dit voorberei.”
13. Hulle het gegaan en dit gevind net soos Hy vir hulle gesê het en die Pesagete voorberei.
14. Toe dit tyd was, het Yeshua gekom en aan tafel gaan skuinslê en die twaalf afgevaardigdes saam met Hom