24. Hulle sal deur die punt van die swaard val en as gevangenes weggeneem word na al die streke en Yerushalayim sal vertrap word deur die nasies totdat die vasgestelde tyd van die ander nasies voltooid is.
25. Daar sal tekens wees aan die son, aan die maan en aan die sterre en op die aarde: die lyding van nasies en die saamgryp van hande oor die harde dreuning van die seeYes 13:10; Yo’el 2:31; Yo’el 3:15; Hag 2:6,21
26. en ’n aardbewing wat mense se gees van angs sal uitdryf oor wat oor die aarde gaan kom en die leërmagte van die hemel sal geskud word.Dan 7:13-14
27. Dan sal hulle Hom sien; die Seun van die mens wat kom in wolke, met baie kragtige dade en die Gemanifesteerde Teenwoordigheid.
28. Wanneer hierdie dinge begin gebeur, wees bemoedig en lig julle koppe op omdat julle verlossing naby is.”
29. Hy vertel vir hulle ’n vergelykende storie: “Let op na die vyeboom en al die bome,
30. dat, wanneer hulle bot, verstaan julle dadelik van hulle dat die somer naby is,
31. net so moet julle ook weet dat die Koninkryk van God naby is wanneer julle hierdie dinge sien gebeur.Mat 24:34
32. Dit is waar, Ek sê vir julle, hierdie volksfamilie sal nie verbygaan voordat al hierdie dinge gebeur het nie.
33. Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar My boodskap sal nooit verbygaan nie,
34. maar wees versigtig in julle gees sodat julle verstand, wil en emosie nooit koud word deur brassery, dronkenskap en die bekommernisse van die wêreld en daardie dag julle skielik oorval nie,
35. want dit sal soos ’n valstrik kom oor almal wat oral op die aarde woon.
36. Wees daarom te alle tye waaksaam en bid sodat julle waardig geag mag word om al hierdie dinge wat kom, te ontvlug en voor die Seun van die mens te staan.”
37. Gedurende die dag het Hy lering gegee in die tempel en snags het Hy uitgegaan en oornag op die berg wat die Olyfberg genoem word.
38. Al die mense het vroeg in die oggend na die tempel gekom om na Sy boodskap te luister.