Luka 21:1-5 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Yeshua het gekyk na die rykes wat hulle offers in die skatkamer gegooi het

2. en Hy sien ook ’n arm weduwee wat twee klein geldstukkies (shemonas) ingooi.

3. Hy sê: “Die realiteit, sê Ek vir julle, is dat hierdie arm weduwee meer as almal ingegooi het,

4. want hulle almal het uit die oorvloed wat hulle het by die offerkamer van God ingegooi, maar sy het uit haar behoefte, alles ingegooi wat sy besit.”

5. Toe sommige oor die tempel praat, sy mooi klippe en versierings van geskenke, sê Yeshua vir hulle:

Luka 21