Luka 20:30-34 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

30. Die tweede het sy vrou gevat en hy het ook kinderloos gesterf

31. en die derde het haar ook gevat en net so het al sewe gesterf en geen kinders nagelaat nie.

32. Ten laaste het die vrou ook gesterf.

33. In die opstanding dan, wie van hulle se vrou sal sy wees aangesien al sewe met haar getrou het?”

34. Yeshua sê vir hulle: “Die seuns van hierdie wêreld vat vrou en vrouens word vir mans gegee,

Luka 20