27. Sommige van die Sadduseërs het gekom, hulle wat sê daar is geen opstanding nie en Hom gevraDeut 25:5
28. en vir Hom gesê: “Leermeester, Moshe het vir ons geskryf: ‘As iemand se broer doodgaan en ’n vrou agterlaat sonder seuns, dan moet sy broer die vrou neem en vir sy broer ’n seun verwek.’
29. Nou, daar was sewe broers en die eerste het die vrou gevat en kinderloos gesterf.
30. Die tweede het sy vrou gevat en hy het ook kinderloos gesterf
31. en die derde het haar ook gevat en net so het al sewe gesterf en geen kinders nagelaat nie.
32. Ten laaste het die vrou ook gesterf.
33. In die opstanding dan, wie van hulle se vrou sal sy wees aangesien al sewe met haar getrou het?”
34. Yeshua sê vir hulle: “Die seuns van hierdie wêreld vat vrou en vrouens word vir mans gegee,
35. maar die wat waardig geag word vir daardie wêreld en vir die opstanding uit die dood, vat nie dan vrou nie en vrouens is nie vir mans nie,
36. want hulle kan ook nie meer sterf nie, want omdat hulle kinders van die opstanding is, is hulle soos die engele en ook kinders van God.Eks 3:6 genoem het.
37. Ook Moshe het by die doringstruik verklaar dat die wat dood is, opstaan toe hy יהוה die God van Avraham, die God van Yitz’gak en die God van Ya’akov
38. Hy is tog nie ’n God van dooies nie, maar van lewendes, want almal van hulle is lewend vir Hom.”
39. Sommige van die leraars van die wet antwoord en sê: “Leermeester, U het goed geantwoord.”
40. Hulle het nie gewaag om Hom enige iets meer te vra nie.
41. Hy sê vir hulle: “Hoe is dit dat die leraars van die wet sê dat Die Gesalfde Een die seun van Dawid is?