23. Hy het egter deur hulle listigheid gesien en vir hulle gesê: “Waarom toets julle My?
24. Wys My ’n denarion. Wie se beeld en naam het dit op?” Hulle antwoord en sê: “Die keiser s’n.”
25. Yeshua sê vir hulle: “Gee dan aan die keiser wat die keiser s’n is en aan God wat God s’n is.”
26. Hulle kon Hom nie voor die mense op ’n woord betrap nie en verwonderd oor Sy antwoord, het hulle stilgebly.
27. Sommige van die Sadduseërs het gekom, hulle wat sê daar is geen opstanding nie en Hom gevraDeut 25:5
28. en vir Hom gesê: “Leermeester, Moshe het vir ons geskryf: ‘As iemand se broer doodgaan en ’n vrou agterlaat sonder seuns, dan moet sy broer die vrou neem en vir sy broer ’n seun verwek.’
29. Nou, daar was sewe broers en die eerste het die vrou gevat en kinderloos gesterf.
30. Die tweede het sy vrou gevat en hy het ook kinderloos gesterf
31. en die derde het haar ook gevat en net so het al sewe gesterf en geen kinders nagelaat nie.
32. Ten laaste het die vrou ook gesterf.