12. en die jongste seun sê vir hom: ‘My vader, gee vir my die deel van u boedel wat my toekom.’ Hy het sy rykdom tussen hulle verdeel en
13. na ’n paar dae het die jongste seun alles wat na hom toe gekom het bymekaargemaak en weggegaan na ’n ver land en daar sy besittings uitgemors deur spandabelrig te leef.
14. Toe hy alles uitgemors het wat syne was, kom daar ’n swaar hongersnood in daardie land en hy het begin swaarkry.
15. Toe het hy hom by een van die mense van daardie land gaan voeg en dié het hom na sy veld gestuur om varke te versorg.