Luka 14:28-32 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

28. Wie van julle wat ’n toring wil bou, gaan nie eers sit en bereken die koste, of hy in staat is om dit te voltooi nie?

29. Indien nie, as hy die fondament gelê het en nie in staat is om dit te voltooi nie, sal almal wat dit sien, met hom begin spot

30. en sê: ‘Hierdie man het begin bou en kon nie klaarkry nie.’

31. Of watter koning wat optrek om teen ’n ander koning langs hom oorlog te maak, gaan nie eers oorweeg of hy in staat is om met tien duisend die een te ontmoet wat met twintig duisend teen hom kom nie?

32. Indien nie, stuur hy afgevaardigdes terwyl die ander een nog ver is en vra vir vredesvoorwaardes.

Luka 14