Luka 14:1-6 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe Hy in die huis van een van die leiers van die Fariseërs ingegaan het om brood te eet op die Shabbat, het hulle Hom fyn dopgehou.

2. Let op, daar was ’n man wat van water geswel was voor Hom.

3. Yeshua het gepraat en vir die leraars van die wet en die Fariseërs gesê: “Sekerlik is dit reg volgens die wet om op die Shabbat te genees?”

4. Hulle het egter stilgebly. Toe vat Hy aan hom, maak hom gesond en laat hom gaan.

5. Hy sê vir hulle: “Wie van julle se seun of os sal op die Shabbat in ’n put val, wat dit nie dadelik sal uittrek nie?”

6. Hulle was nie in staat om Hom daarop te antwoord nie.

Luka 14