Luka 12:1-3 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Terwyl ’n groot menigte van mense bymekaargekom het sodat hulle mekaar vertrap het, begin Yeshua om vir Sy studentevolgelinge te sê: “Eerstens moet julle versigtig wees onder julleself vir die suurdeeg van die Fariseërs, dit is, hulle vals toneelspel.

2. Daar is niks weggesteek wat nie openbaar sal word nie en geheim wat nie bekend sal word nie.

3. Alles wat julle in die donker sal sê, sal in die lig gehoor word en wat julle in die binnekamers in die ore gefluister het, sal op die dakke verkondig word,

Luka 12