Luka 11:43-54 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

43. Wee julle, Fariseërs, want julle is lief vir die eersteklas sitplekke in die bymekaarkomplekke en vir die openbare groete op straat.

44. Wee julle, leraars van die wet en Fariseërs, toneelspelers van ’n vals karakter, want julle is net soos versteekte grafte en die mense wat daaroor loop, weet dit nie.”

45. Toe antwoord een van die kenners van die wet en sê vir Hom: “Leermeester, as U só praat, beledig U ons ook.”

46. Hy sê: “Wee julle ook, kenners van die wet, want julle oorlaai die mense met laste wat pynlik is om te dra en self verroer julle nie een vinger om te help nie.

47. Wee julle, want julle bou die grafte van die profete en julle vaders het hulle gedood.

48. Julle gee hierdeur getuienis van die dade van julle vaders en keur dit goed, want hulle het hul gedood en julle bou hulle grafte.

49. Die wysheid van God het daarom ook gesê: ‘Ek sal profete en afgevaardigdes na hulle stuur en van dié sal hulle doodmaak en vervolg

50. sodat van hierdie geslag die bloed van al die profete wat vergiet is van die grondlegging van die wêreld af, opgeëis kan word.2 Kro 24:20-22

51. Vanaf die bloed van Hevel tot by die bloed van Z’kharyah wat doodgemaak is tussen die altaar en die Afgesonderde plek.’ Ja, Ek sê vir julle, dit sal opgeëis word van hierdie geslag.

52. Wee julle, kenners van die wet, want julle het die sleutel van die kennis weggeneem. Self het julle nie ingegaan nie en julle het die wat wou ingaan, gekeer.”

53. Nadat Hy dit aan hulle gesê het, het die leraars van die wet en die Fariseërs begin om ernstig aanstoot te neem aan Hom en Sy woorde verkleineer

54. en bedrieglik teenoor Hom opgetree op baie maniere terwyl hulle gesoek het na iets uit Sy mond sodat hulle Hom kon beskuldig.

Luka 11