Lied van Liedere 6:4-6 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. Jy is mooi en begeerlik, my vriendin, lieflik soos Yerushalayim en gereken as een onder die mooistes.

5. Draai jou oë weg van my af, want hulle het my oorweldig; jou hare is soos ’n kudde bokke wat opkom vanaf die berg Gil’ad.

6. Jou tande is soos ’n kudde geskeerde skape wat van die wassery af opkom, wat elkeen ’n tweeling dra en geen een van hulle is sonder lam nie.

Lied van Liedere 6