Lied van Liedere 1:13-17 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

13. Die een wat ek liefhet is soos ’n bossie mirre vir my; hy sal heelnag tussen my borste lê.

14. Die een wat ek liefhet is vir my soos ’n tros henna-blomme in die wingerde van `Ein-Gedi.

15. Let op, jy is mooi, my vriendin! Let op, jy is mooi, jy het oë soos ’n duif!

16. Let op, jy is mooi, my vriendin, ja, aangenaam; ook ons bed is ruim.

17. Die balke van ons huis is van seder en ons panele van sipres.

Lied van Liedere 1