26. uit die mandjie met ongesuurde brode wat voor יהוה was, vat hy een ongesuurde koek, ’n broodkoek met olie gemeng en een platkoek en hy het dit op die stukke vet en op die regterboud neergesit
27. en dit alles in die hande van Aharon en die hande van sy seuns gesit en hy het dit as waaioffer voor יהוה gewaai.
28. Moshe het dit uit hulle hande geneem en dit op die altaar, bo-op die brandoffer, gebrand en in rook laat opgaan; ’n toewydingsoffer was dit, as aangename geur, ’n offer deur vuur tot יהוה.
29. Moshe het die bors gevat en dit as waaioffer voor יהוה gewaai. Dit was Moshe se deel van die toewydingsram, soos יהוה Moshe beveel het.
30. Moshe het ook van die salfolie en van die bloed wat aan die altaar was, gevat en dit op Aharon, op sy klere, sowel as op sy seuns en op die klere van sy seuns, gesprinkel. So het hy Aharon, sy klere, sowel as sy seuns en die klere van sy seuns, afgesonder.