Levitikus 4:17-25 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

17. en die priester moet sy vinger in die bloed steek en dit sewe maal voor יהוה, voor die verdelingsgordyn sprinkel

18. en hy moet van die bloed aan die horings van die altaar wat voor יהוה in die Tent van Ontmoeting is, smeer en hy moet al die orige bloed uitgooi aan die onderkant van die brandofferaltaar wat by die ingang van die Tent van Ontmoeting is.

19. Hy moet al die vet van dit verwyder en op die altaar in rook laat opgaan.

20. Hy moet met die bul doen soos hy met die sondofferbul gedoen het. Net so moet hy met hom maak. Die priester moet so vir hulle toedekking doen en dit sal hulle vergewe word.

21. Hy moet die bul buitekant die kamp uitbring en hom verbrand soos hy die eerste bul verbrand het; dit is ’n sondoffer namens die vergadering.

22. As ’n leier sondig en iets onwetend gedoen het teen enige van die opdragte van יהוה, sy God, in enige iets wat nie gedoen moet word nie en hy skuldig is,

23. as sy sonde wat hy gedoen het, aan hom bekend word, moet hy as sy offer ’n boklam bring, ’n ram sonder gebrek

24. en hy moet sy hand op die kop van die bok lê en hom slag op die plek waar hulle die brandoffer voor יהוה doodmaak; dit is ’n sondoffer.

25. Die priester moet van die bloed van die sondoffer met sy vinger vat en dit aan die horings van die brandofferaltaar smeer, maar die orige bloed moet hy aan die onderkant van die brandofferaltaar uitgooi.

Levitikus 4