12. die hele res van die bul, moet hy buitekant die kamp uitbring na ’n skoon plek waar die as uitgegooi word en hy moet hom op hout, met vuur verbrand; op die plek waar die as uitgegooi word, moet dit verbrand word.
13. As die hele vergadering van Yisra’el oortree en dit is verborge vir die vergadering en hulle het enige iets gedoen teen die opdragte van יהוה, wat nie gedoen moes word nie en skuldig is;
14. wanneer die sonde wat hulle gedoen het, bekend word, moet die vergadering ’n jong bul vir hulle sonde offer en hom voor die Tent van Ontmoeting bring.
15. Die oudstes van die vergadering moet hulle hande op die kop van die bul lê voor יהוה en die bul moet voor יהוה doodgemaak word.
16. Die gesalfde priester moet van die bloed van die bul na die Tent van Ontmoeting bring
17. en die priester moet sy vinger in die bloed steek en dit sewe maal voor יהוה, voor die verdelingsgordyn sprinkel
18. en hy moet van die bloed aan die horings van die altaar wat voor יהוה in die Tent van Ontmoeting is, smeer en hy moet al die orige bloed uitgooi aan die onderkant van die brandofferaltaar wat by die ingang van die Tent van Ontmoeting is.
19. Hy moet al die vet van dit verwyder en op die altaar in rook laat opgaan.
20. Hy moet met die bul doen soos hy met die sondofferbul gedoen het. Net so moet hy met hom maak. Die priester moet so vir hulle toedekking doen en dit sal hulle vergewe word.
21. Hy moet die bul buitekant die kamp uitbring en hom verbrand soos hy die eerste bul verbrand het; dit is ’n sondoffer namens die vergadering.
22. As ’n leier sondig en iets onwetend gedoen het teen enige van die opdragte van יהוה, sy God, in enige iets wat nie gedoen moet word nie en hy skuldig is,
23. as sy sonde wat hy gedoen het, aan hom bekend word, moet hy as sy offer ’n boklam bring, ’n ram sonder gebrek
24. en hy moet sy hand op die kop van die bok lê en hom slag op die plek waar hulle die brandoffer voor יהוה doodmaak; dit is ’n sondoffer.
25. Die priester moet van die bloed van die sondoffer met sy vinger vat en dit aan die horings van die brandofferaltaar smeer, maar die orige bloed moet hy aan die onderkant van die brandofferaltaar uitgooi.
26. Hy moet al die vet op die altaar in rook laat opgaan, soos die vet van die vredesoffer. So moet die priester dan vir hom toedekking doen vir sy sonde en dit sal hom vergewe word.
27. As iemand van die volk van die land onwetend sondig, deur enige iets te doen wat יהוה beveel het nie gedoen moet word nie en skuldig word,
28. as sy sonde wat hy gedoen het, aan hom bekend word, moet hy as sy offer ’n boklam bring, ’n ooilam sonder gebrek, vir die sonde wat hy gedoen het
29. en hy moet sy hand op die kop van die sondoffer lê en die sondoffer doodmaak op die plek van die brandoffer.
30. Die priester moet van haar bloed met sy vinger vat en dit aan die horings van die brandofferaltaar smeer, maar al die orige bloed moet hy aan die onderkant van die altaar uitgooi;
31. al die vet moet hy verwyder, soos die vet van die vredesoffer af verwyder is en die priester moet dit op die altaar as ’n aangename geur tot יהוה in rook laat opgaan. So moet die priester dan vir hom toedekking doen en dit sal hom vergewe word.