1. יהוה het met Moshe gepraat en gesê:
2. “Praat met Aharon en sy seuns dat hulle versigtig moet wees met die afgesonderde gawes van die seuns van Yisra’el wat hulle tot My afsonder sodat hulle My Afgesonderde Naam (Karakter en Outoriteit) nie onteer nie. Ek is יהוה.
3. Sê vir hulle: ‘Enigeen van jou nageslag, in julle geslagte, wat naderkom na die afgesonderde gawes, wat die seuns van Yisra’el aan יהוה afsonder terwyl hy onrein is, dié persoon moet afgesny word van voor My Teenwoordigheid. Ek is יהוה.