Levitikus 2:1-2 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. As iemand aan יהוה ’n graanoffer bring, moet sy offer van fyn meel wees en hy moet olie daarop gooi en wierook daarop sit.

2. Hy moet dit na die seuns van Aharon, die priesters, bring en een moet ’n volle handvol van die fyn meel met die olie vat, met al die wierook en hy moet dit as die deel van die herdenkingsoffer op die altaar brand en in rook laat opgaan, ’n offer deur vuur, ’n aangename geur tot יהוה.

Levitikus 2