2. “Praat met die seuns van Yisra’el en sê vir hulle: ‘As enige man ’n uitskeiding uit sy liggaam het, dan is dié uitskeiding onrein
3. en dit sal sy onreinheid deur die vloeiing wees: as sy vlees die uitskeiding laat loop of sy vlees raak verstop van die uitskeiding is dit ’n onreinheid in hom.
4. Elke bed waarop hy wat die uitskeiding het, lê, sal onrein wees en alles waarop hy sit, sal onrein wees.