2. Want woede maak die dwaas dood en haat maak die eenvoudige dood.
3. Ek het gesien hoe die bose voorspoedig is, maar sy blyplek word skielik vernietig.
4. Sy seuns is ver van verlossing af en hulle word verneder by die poort en daar is niemand om hulle te red nie.
5. Hulle wat honger is, eet sy oes op en hulle sal water uitgooi vir die wat dors is en die wat dors is, verslind hulle besittings,
6. want valsheid kom nie op vanuit die stof nie en ook nie boosheid vanuit die grond nie,
7. want die mens word vir moeite gebore, so seker as wat die wilde voëls vlieg,
8. maar wat my betef, ek sou na God soek en aan God my saak voorlê,
9. wat groot dinge gedoen het sonder grense en wonderlike dinge sonder getal;
10. wat reën gee op die aarde en waters stuur na die velde;
11. om die wat laag is op te lig en die sagmoediges sal opgelig word deur verlossing.
12. Hy frustreer die planne van listige mense sodat hulle hande nie met wysheid hulle beplanning kan uitvoer nie.1 Kor 3:19
13. Hy vang die wyse manne in hulle eie slimstreke en die raad van die slinkse mense word frustreer.
14. Hulle hanteer dinge oordag asof hulle in duisternis is en tas rond in die middag soos in die nag
15. en hulle kom om deur die mag van die swaard en die armes word gered uit die hand van die magtiges.