Iyov 40:20-24 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

20. Hy gaan rond in die berge en al die wilde diere van die veld lê onder sy beskerming.

21. Hy lê en wag in die skuilplek van riete, hy hurk soos ’n leeu.

22. Die skadubome bedek hom met hulle skaduwee; die wilgers van die spruit omring hom.

23. Let op, as hy in die rivier spring, is hy nie bang nie, hy is selfversekerd, al kom die Yarden tot by sy mond.

24. Kan iemand hom met ’n haak vat of vang met ’n net? Kan een hom lei in ’n strik of sy tong vasbind met ’n tou?

Iyov 40