Iyov 40:14-20 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

14. dan sal Ek jou ook krediet gee wanneer jou eie regterhand jou gered het.

15. Let op die behemoth wat Ek vir jou gemaak het; hy eet gras soos ’n bees.

16. Let op, sy krag is in sy kruis en sy stert staan regop soos ’n sederboom.

17. Die senings van sy dye bult uit.

18. Sy gebeente is sterk soos stukke koper, ja, hulle is soos ysterstawe.

19. Hy is die hoof van God se skeppinge, want Hy het hom kragtig gemaak om te veg.

20. Hy gaan rond in die berge en al die wilde diere van die veld lê onder sy beskerming.

Iyov 40