Iyov 40:10-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

10. Versier jou nou met majesteit en hoogheid en beklee jou met lof, eer en skoonheid!

11. Gooi die toorn van jou woede uit en kyk na elkeen wat trots is en verneder hom

12. en gooi die sondaars af in hul plek.

13. Begrawe hulle almal saam in die grond; bedek hulle gesigte met fyn stof,

14. dan sal Ek jou ook krediet gee wanneer jou eie regterhand jou gered het.

15. Let op die behemoth wat Ek vir jou gemaak het; hy eet gras soos ’n bees.

16. Let op, sy krag is in sy kruis en sy stert staan regop soos ’n sederboom.

17. Die senings van sy dye bult uit.

18. Sy gebeente is sterk soos stukke koper, ja, hulle is soos ysterstawe.

Iyov 40