Iyov 40:1-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. יהוה het Iyov verder geantwoord en gesê:

2. “Die raadgewings van God is baie. Hy wat God teregwys, moet daarvoor antwoord!”

3. Toe het Iyov יהוה geantwoord en gesê:

4. “Let op, ek is onwaardig. Wat sal ek U antwoord? Ek sal my hand op my mond lê.

5. Een maal het ek gepraat, maar ek sal nie antwoord nie; ja, twee maal, maar ek sal nie verder gaan nie.”

6. Toe het יהוה vir Iyov vanuit die warrelwind geantwoord en gesê:

7. “Gord nou jou heupe vas soos ’n man; Ek sal jou ondervra en jy sal aan My verklaar:

8. wil jy My oordeel tot niet maak, My selfs veroordeel sodat jy geregverdig mag wees?Ps 29

9. Het jy ’n arm soos God, of kan jy donder met ’n stem soos Hy?

Iyov 40