Iyov 38:6-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. Waarop rus sy kante, of wie het sy hoeksteen gelê?

7. Wanneer het Ek die oggend-sterre geskep en het al die engele van vreugde gejubel?

8. Wie het die see afgesluit met hekke toe dit uitgebreek het asof dit uit die baarmoeder uitkom?

9. Toe Ek die wolk as kleding vir die aarde gemaak het en dik donkerte as ’n toedraaidoek daarvoor

10. en grense daarvoor gestel het en grendels en deure gemaak

11. en gesê het: ‘Sover mag jy kom, maar niks verder nie en hier sal jou trotse golwe bly,’ was jy daar?

12. Het jy, sedert jou dae begin het, die sonsopkoms ontbied, of ken jy die plek van die oggend

13. dat dit die eindes van die aarde kan aangryp en die bose uit dit uitgegooi mag word

14. sodat hulle liggame in klei verander sal word en op ’n hoop gegooi word?

15. Die lig van sondaars sal teruggehou word en die arm van die arrogante sal gebreek word.

16. Het jy afgegaan na die diepte van die see, of het jy geloop in die fondasies van die onderaardse waters?

Iyov 38