Iyov 37:4-12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. In Sy eie plek donder Hy met die stem van Sy grootheid en Hy hou nie terug as Sy stem gehoor word nie.Ps 29

5. God donder met Sy stem; Hy doen groot en wonderlike dinge wat ons nie kan verstaan nie,

6. want Hy sê vir die sneeu: ‘Val op die aarde!’ Net so vir die ligte reën en vir die swaar reëns.

7. Hy beperk die krag van elke man sodat alle mense Sy dade mag ken;

8. dan gaan al die wilde diere in hulle skuilplekke en bly in hulle lêplekke.

9. Vanuit die binneste kamers kom die warrelwind en koue uit die Noordewind.

10. Deur die asem van God word ys gegee en Hy laat oorvloedige waters neerstort.

11. Die wolke word grootliks uitgestrek, Hy versprei die wolke deur Sy lug

12. en hulle draai om deur Sy raad sodat hulle sal doen wat ook al Hy hulle beveel oor die oppervlak van Sy bewoonde aarde.

Iyov 37