Iyov 33:5-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. As u my kan antwoord, berei uself dan voor en staan op voor my,

6. want ek is net soos u voor God, ek is ook uit klei gevorm;

7. daarom sal my waarskuwings u nie laat bewe, of my teregwysing swaar wees op u nie.

8. U het verseker gepraat waar ek kon hoor en ek het die stem van u woorde hoor sê:

9. ‘Ek is skuldloos, sonder oortreding; ek is onskuldig en daar is geen boosheid in my nie en ek is ver verwyderd van boosheid.

Iyov 33