Iyov 33:1-15 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Hoor daarom my boodskap, o Iyov, luister en doen alles wat ek sê.

2. Noudat ek my mond oopgemaak het, let op, praat my tong in my mond.

3. Die woorde van my mond is opreg en die uitinge van my lippe is rein.

4. Die Gees van God het my opgewek en die asem van die Almagtige het vir my lewe gegee.

5. As u my kan antwoord, berei uself dan voor en staan op voor my,

6. want ek is net soos u voor God, ek is ook uit klei gevorm;

7. daarom sal my waarskuwings u nie laat bewe, of my teregwysing swaar wees op u nie.

8. U het verseker gepraat waar ek kon hoor en ek het die stem van u woorde hoor sê:

9. ‘Ek is skuldloos, sonder oortreding; ek is onskuldig en daar is geen boosheid in my nie en ek is ver verwyderd van boosheid.

10. Let op, Hy vind redes teen my; Hy tel my as Sy vyand.

11. Hy sit my voete in die blokke; Hy hou al my paaie dop.’

12. Let op, hierin kan u nie reg wees nie. Ek sal u antwoord dat God groter is as ’n mens.

13. Waarom twis u met Hom, aangesien Hy nie verslag gee van Sy sake nie?

14. Want God praat een keer, Hy praat nie ’n tweede keer nie.

15. In ’n droom, in ’n visioen in die nag, as diepe slaap op die mense val terwyl hy sluimer op die bed,

Iyov 33