Iyov 28:21-25 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

21. Dit is verborge vir die oë van alles wat leef en weggesteek vir die voëls van die hemel.

22. Vernietiging en dood sê: ‘Ons het die verslag daarvan met ons ore gehoor,’

23. want net God ken die pad daarvan en Hy ken die plek daarvan,

24. want Hy kyk tot by die eindes van die aarde en sien onder die hele hemel,

25. want Hy het vir die wind ’n gewigmaat gemaak en die waters met ’n maat afgemeet.

Iyov 28