Iyov 24:1-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Waarom is hulle wat boos is nie verborge voor die Teenwoordigheid van God nie en waarom geniet hulle wat Hom ken nooit hulle dae nie?

2. Die bose verwyder die grenslyne; hulle vat ’n trop gewelddadig weg.

3. Hulle gryp die donkie van die vaderloses, hulle vat die weduwee se os as pand.

4. Die bose kruip weg langs die pad en die sagmoediges van die land kruip almal saam weg.

5. Let op, soos wilde-donkies in die woestyn gaan hulle vroeg uit, opsoek na kos vir hulle jonges.

6. Hulle sny hooi op ’n veld wat nie hulle s’n is nie en hulle maak druiwe bymekaar in die wingerd van die bose.

7. Hulle laat die naaktes bly sonder klere en hulle het geen bedekking in die koue nie.

8. Hulle is nat van die stortbuie oor die berge en druk hulself teen die rotse vas by gebrek aan skuiling.

9. Hulle vat plunder met geweld af van die vaderloses en hulle verteer die armes.

10. Hulle laat hul kaal gaan, sonder klere en hulle vat brood weg by die wat honger is.Deut 27; Deut 28

11. Hulle buig onder die laste tydens die oesfees en is honger wanneer hulle die groot mandjie dra; hulle trap die parskuip, maar is dors.

12. Uit die stad kerm die onderdruktes en die lewe van die gewondes roep uit; tog aanvaar God nie hulle gebed nie.1 Kor 3:11-15

13. Hulle was in God se wêreld, maar hulle het nie Sy lewenswyses geken nie en ook nie in Sy paaie geloop nie.

14. Die moordenaar staan teen dagbreek op en maak die arme en behoeftige dood en in die nag is hy ’n dief.

Iyov 24