Iyov 22:20-30 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

20. As hulle nie plat gegooi is as gevolg van hulle hardkoppigheid nie, dan sal die van hulle wat oorbly, met vuur verteer word.

21. Maak nou ’n ooreenkoms met God en offer aan Hom van jou goeie opbrengs.

22. Ontvang die wet uit sy mond en lê Sy woorde vas in jou verstand, wil en emosie.

23. As jy sal erken en omdraai voor God, sal jy opgebou word, as jy boosheid uit jou tent sal verwyder,

24. dan sal jy silwer opgaar soos stof en die goud van Ofir soos die sand van die vallei.

25. Ja, God sal jou verdediging wees en jy sal ’n oorvloed silwer hê,

26. want dan sal jy jou gesig oplig na God toe,

27. jy sal tot Hom bid, Hy sal jou hoor en jy sal jou geloftes nakom.

28. Jy sal ook iets verklaar en dit sal vir jou vasgestel word en die lig sal skyn oor jou lewenswyse,

29. want dit word gesê: ‘Hy wat homself verneder, sal opgelig word en hy wat saggeaard is, sal gered word.

30. Die onskuldige man sal gespaar word, waar hy ook al is en hy sal ontsnap deur die reinheid van sy hande.”

Iyov 22