Iyov 20:6-15 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. Alhoewel sy hoogheid opgaan na die hemel en al raak sy kop aan die wolke,

7. tog sal hy vir ewig vergaan soos ’n warrelwind; dié wat hom gesien het, sal vra: ‘Waar is hy?’

8. Hy sal wegvlieg soos ’n droom en sal nie gevind word nie; ja, hy sal weggejaag word soos visioene in die nag.

9. Ook die oog wat hom gesien het, sien hom nie meer nie en ook sal hulle sy plek nie meer sien nie.

10. Sy kinders sal onderdruk word met armoede en hy sal sy hande uitsteek na hulle toe.

11. Sy gebeente is vol lewenskrag (murg), maar dit sal saam met hom in die stof lê.

12. Alhoewel sy boosheid soet is in sy mond, alhoewel hy misleiding onder sy tong wegsteek,

13. alhoewel hy dit spaar en dit nie laat staan nie, maar dit stilhou in sy mond,

14. nogtans draai sy kos om in sy maag, dit is die gal van adders in hom.

15. Die rykdom wat hy afgesluk het, sal hy opbring vanuit sy maag en God sal hom vernietig.

Iyov 20