Iyov 20:11-23 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. Sy gebeente is vol lewenskrag (murg), maar dit sal saam met hom in die stof lê.

12. Alhoewel sy boosheid soet is in sy mond, alhoewel hy misleiding onder sy tong wegsteek,

13. alhoewel hy dit spaar en dit nie laat staan nie, maar dit stilhou in sy mond,

14. nogtans draai sy kos om in sy maag, dit is die gal van adders in hom.

15. Die rykdom wat hy afgesluk het, sal hy opbring vanuit sy maag en God sal hom vernietig.

16. Hy sal die gif van adders opsuig, die tong van ’n adder sal hom doodmaak.

17. Hy sal nie die riviere, die vloede, die strome van heuning en botter sien nie.

18. Dit waarvoor hy gewerk het, sal hy teruggee en dit nie insluk nie; dit wat hy deur afpersing verkry het, sal hy nie geniet nie,

19. want hy het daaraan gedink om die armes in die steek te laat, want hy het gewelddadig ’n huis weggevat wat hy nie gebou het nie.

20. Omdat hy self geen regverdige oordeel geken het nie, sal hy nie gespaar word deur sy geldgierigheid nie.

21. Geen van sy nageslag sal gespaar word nie; daarom sal sy goeie nie onthou word nie.

22. Met die maat waarmee hy gemeet het, sal hy terugbetaal word; die hand van die bose sal op hom kom.

23. Mag sy nageslag vernietig word, mag God Sy gloed van woede oor hom gooi en hom laat oorstroom terwyl Hy teen hom oorlog maak,

Iyov 20