14. Wat is die mens sodat hy onskuldig sou wees, of hy wat uit ’n vrou gebore is sodat hy regverdig sou wees?
15. Let op, Hy plaas geen vertroue in Sy afgesonderdes nie; ja, die hemele is nie rein in Sy oë nie.
16. Alhoewel die mens verwerp en gepynig behoort te word, sal hy nogtans boosheid drink soos water!
17. Luister na my, ek sal jou wys en dit wat ek gesien het, wil ek herhaal;
18. dit wat die wyse manne verkondig het en nie van hulle vaders weggesteek is nie,
19. aan wie alleen die land gegee is en geen vreemdeling het tussen hulle deurgetrek nie.
20. Al sy dae verhoog die bose man homself en die getal van die jare van die geweldenaar is verborge.1 Thes 5:3
21. ’n Skrikwekkende klank is in sy ore; in oorvloed sal die Vernietiger oor hom kom.
22. Hy glo nie dat hy omvergewerp sal word as gevolg van die duisternis en dat hy die swaard sal sien nie.
23. Hy vlug as gevolg van die dreigement van oordeel; hy weet nie dat die dag van duisternis reeds op hande is nie.
24. Moeilikheid en angs sal hom oorval, soos ’n koning gereed vir die geveg
25. omdat hy sy hand uitgesteek het teen God en homself versterk het teen die Almagtige.
26. Hy het Hom trots tromp-op stormgeloop met die menigte van sy skilde,
27. want hy het homself mislei met sy rykdom en stel sy sterkte voor sy selfvertroue
28. en hy bly in verlate stede, wat geen man bewoon het nie; dan berei hy voor vir oorlog.
29. Hy sal nie voortgaan nie en sy krag sal nie uithou nie en ook sal sy woorde nie op die aarde gevestig word nie.