Iyov 14:1-4 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Die mens wat uit ’n vrou gebore is, is kort van dae en vol moeilikheid.

2. Hy spruit uit soos ’n blom, verwelk en kwyn weg; hy vlug soos ’n skaduwee en hou nie stand nie.

3. Maak U U oë oop oor so een en bring hom tot oordeel voor U?

4. Wie kan ’n rein ding voortbring uit die onreine? Nie een nie!

Iyov 14