Iyov 13:20-25 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

20. Laat net twee dinge nie van my af weggaan nie, dan sal ek my nie van U af wegdraai nie:

21. moenie U hulp van my af onttrek nie en laat vrees vir U my nie beangs maak nie.

22. Roep dan na my en ek sal antwoord, of laat my praat en antwoord U my.

23. Hoeveel is my booshede en sondes? Maak aan my bekend my rebellie en my sonde.

24. Waarom verberg U U gesig vir my en beskou my as U vyand?

25. Sal U op ’n gevalle blaar trap en sal U die droë gras in die lug agtervolg?

Iyov 13