Iyov 10:1-7 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Ek is moeg vir my lewe; ek het in my oordeel geargumenteer; ek sal praat in die bitterheid van my lewe.

2. Ek sal vir God sê: ‘Veroordeel my nie; wys my waarom U met my twis.

3. Is dit nie vir U genoeg om te sien dat U onderdruk nie, dat U die arbeid van U hande verag en die planne van die bose aanvaar nie?

4. Is U vlees, of sien U soos ’n mens sien?

5. Is U dae soos die dae van die mens, of U jare soos die dae van ’n man

6. dat U vra na my ongeregtigheid en soek na my sonde?

7. U weet dat ek onskuldig is en daar is niemand wat homself uit U hand kan bevry nie.

Iyov 10