1. Moet jou nie verheug en spring van vreugde soos die nasies nie, o Yisra’el, want jy het gehoereer en jou God verlaat! Jy het op elke dorsvloer hoereloon liefgehad.
2. Dorsvloer en parskuip sal hulle nie bevredig nie en die nuwe wyn sal hulle in die steek laat.
3. Hulle sal nie in יהוה se land bly nie, maar Efrayim sal na Mitzrayim terugkeer en in Ashur sal hulle onrein kos eet.
4. Hulle sal nie drankoffers of wyn uitgiet vir יהוה nie, hulle offers sal Hom ook nie tevrede stel nie; hulle kos sal wees soos die brood van hulle wat treur; almal wat daarvan eet sal onrein wees, want die brood sal net vir hulself wees, dit sal nie in die huis van יהוה ingaan nie.