4. Wat sal Ek met jou doen, o Efrayim? Wat sal Ek met jou doen, o Y’hudah? Want julle lojaliteit is soos ’n oggendwolk en soos die dou wat vroeg weggaan;
5. daarom het Ek die profete afgesny; Ek het hulle neergeslaan deur die woorde van My mond en My oordele sal uitgaan soos die lig,Ps 40:7; Ps 51:18-21; 1 Sh'm 15:22; Mat 9:13; Mat 12:7
6. want Ek verheug My in lojaliteit eerder as in offers en in die kennis van God eerder as in brandoffers,
7. maar soos Adam het hulle die verbond oortree; daar het hulle verraderlik teen My opgetree.
8. Gil’ad is ’n stad van kwaaddoeners, vol bloedspore.
9. Soos rowers wag vir ’n man, so pleeg ’n priesterbende moord op die pad na Sh’khem; sekerlik het hulle misdaad gepleeg.
10. In die huis van Yisra’el het Ek ’n verskriklike ding gesien: Efrayim se hoerery is daar, Yisra’el het homself onrein gemaak.