Hebreërs 8:1-3 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Die hoofpunt van dít alles: ons hét so ’n nie-Levitiese hoofpriester wat sit op die regterkant van die troon van HaG’dulah (die Grootheid) in die hemel.

2. Hy, en nie ’n mens nie, is die Bedienaar van die Huis van Afsondering en van die ware Tabernakel (tentwoning), wat God opgeslaan het.

3. Elke hoofpriester word aangestel om geskenke en offers te bring; daarom moes Hy ook iets vir Homself hê om te offer,

Hebreërs 8