Hebreërs 7:6-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. maar hy wat nie in húlle geslagsregister opgeskryf is nie, het van Avraham tiendes ontvang en die een, wat die belofte ontvang het, geseën.

7. Sonder enige teëspraak is dit die mindere wat deur die meerdere geseën word.

8. Hier ontvang sterflike mense tiendes, maar dáár een van wie die Skrifte getuig dat hy lewe.

9. Om dit so te stel: Levi, wat tiendes ontvang, het deur Avraham tiendes gegee,

10. want hy was nog in die liggaam van sy vader toe hy Malki-Tzedek ontmoet het.

11. As daar dus volledige afhandeling deur die Levitiese priesterskap was, waardeur die geskrewe wet vir die mense vasgestel is, waarom was dit nog nodig dat ’n ander nie-Levitiese priester moes opstaan, volgens die beeld van Malki-Tzedek? Sê dit dat Hy volgens die beeld van Aharon sal wees?

Hebreërs 7