1. Elke hoofpriester, wat vanuit die mense is, is aangestel om in die plek van mense aangaande die dinge van God op te tree; om offers en brandoffers vir die sondes te bring.
2. Hy wat homself kan verneder en ly saam met die wat nie weet nie en die wat oortree omdat hy self ook met swakheid geklee is,
3. hy is verskuldig om, net soos vir die mense, so ook vir homself te offer vir sy sondes.
4. ’n Mens het nie vir homself díé eer gevat nie, maar hy wat deur God geroep is, soos Aharon.Ps 2:7; Hand 13:33; Heb 1:5
5. Net so het ook Die Gesalfde Een nie Sy lewe vereer om nie-Levitiese Hoofpriester te word nie, maar vir Hóm wat gesê het: “Jy is My Seun, vandag het Ek jou in die lewe gebring.”Ps 110:4
6. Soos Hy ook op ’n ander plek gesê het: “Jy is nie-Levitiese Priester vir ewig, volgens die beeld van Malki-Tzedek.”
7. Ook toe Hy in die vlees geklee was, het Hy gebede en versoeke met ’n kragtige geroep en trane aan Hóm geoffer, wat Hom uit die dood uit lewe kon gee en Hy is verhoor.